Markverslag

23 Augustus 2021

Ons beurs het so mooi presteer en daar was min bekommernis oor dinge wat ons beurs kan stuit. Toe kom die VSA se Federale Reserwe Raad en krap alles om. Die alle aandeel indeks het met 2000 punte gedaal en mynwese het die grootste verliese gelei. Die wisselkoers het vanaf 14.23 na 15.26 verswak en dit alles van Donderdag 19 Augustus af.

Die opwindende was dat die portefeuljebestuurders, wat ons gebruik om ons gebalanseerde portefeuljes en die wat die Glacier fondse bestuur, die daling voorsien het en dat ons beleggings so positioneer is dat die syfers min beinvloed is.
Coronation Balanced Plus asook die Glacier Moderate Aggressive fondse het met meer as 21% gegroei die afgelope jaar.

Uit gesprekke en webinare met die portefeulje bestuurders van Coronation, Stanlib en Glacier is dit duidelik dat hulle steeds positief is oor die groei moontlikhede gedurende die volgende paar jaar.

Kom ons geniet die voorspoed na baie jare se swak opbrengste. 

Contact us

Office Manager: Anna Hattingh
Email: admin@johannmeyer.co.za
Phone: 012 653 6577
Fax: 012 653 6577

Location

Wierde park
0149

© 2017 Johann Meyer
Financial Adviser CC.
An Authorised Financial
Services Provider (FSP) 10648