Dit vat nogal om goeie nuus te soek deesdae MAAR: -
Ons wisselkoers versterk mooi. Die Alle aandele Indeks beur na meer as 84000 punte. Die brandstof pryse neig laer. Ons inflasie koers het gedaal na 4.6%.
Nou vir beter nuus! Die opbrengskoers op on Gebalanseerde portefeulje waar meeste van ons geld belê is het ‘n 12 maande opbrengs van 12% gedoen en 13% oor 24 maande. Dit is wat ons verwag het na die verkiesing.
Ek het onlangs ‘n spesiale aanbod namens ‘n klient kon beoordeel. Die aanbod was 16% opbrengs in ‘n spesifiek gefokusde effektetrust produk. Ek het na die Sharpe Ratio van 7.64 gaan kyk.
Met die gelde onder my bestuur mag ons nie die riskio loop nie. Die Sharpe Ratio is maar 0.40.
Hoe laer hoe kleiner die risiko. Intussen doen is beleggings opbrengste baie goed.
Ons beweeg tans in die vinnige baan op pad na Desember. Normaalweg presteer ons beleggings baie goed in hierdie tyd. Kom on shou aan goeie nuus soek.