Markverslag

23 Augustus 2022

Gedurende die afgelope kwartaal het die markte in ons land taamlik vreemd reageer. Ons hoor, byvoorbeeld, steeds brokkies nuus oor die oorlog maar baie min. Midde hierin het ons Alle Aandele Indeks van 64000 na 70000 punte gestyg.

Hierdie het gebeur ongeag die twee aankondigings dat:
1) die bankkoers met 0.75% styg en
2) die inflasiekoers tot 6.3% styg.

Dit was egter nie net slegte nuus nie. Sedert my vorige markverslag en die aangehegte Glacier Fondsverslag het die groei ‘n entjie teruggesak en is weer vining aan die herstel. Sien asseblief die nuwe verslag.

Net so ‘n kantlyn opmerking: Ons sitrus uitvoerders het ‘n gunstige ooreenkoms kon onderhandel met die invoerders in Europa. Die ouens het onhaalbare en onverstaanbare nuwe regulasies op invoere geplaas. Ons uitvoere van sitrus na Europa is groot.

Tradisioneel is ons nou in die groeifase vir beleggings wat kan strek tot diep in die nuwe jaar. Kom ons hou duim vas dat ons hierdie fees seisoen weer hierdie goeie nuus sal beleef. 

Hierdie fonds is geskik vir beleggers wat 'n hoë vlak van hoë opbrengs soek, maar hulle kan hoë vlakke van wisselvalligheid verdra. Sien PDF Dokument


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149