Markverslag

24 Februarie 2021

Die Covid pandemie het ons iets baie belangrik geleer. As jy nie self opstaan en doen nie, sal niks gebeur nie.

Die verbasing was groot toe ons gedurende die laaste twee weke van November met ‘n skerp styging in opbrengs op ons beleggings te doen gekry het. Hierdie styging duur steeds voort.
Die groot rede daarvoor was dat Hulpbronne begin wins maak het. Suid Afrikaanse maatskappye het weer begin woeker. Ons land se uitvoersyfers styg en oorskry ons invoersyfers al n hele ruk. Ons Alle Aandeel Indeks syfer skiet self by die 66000 punte merk verby.

Ons Gebalanseerde Fondse het so hoog as 12% na koste presteer. Self ons staatseffekte portefeuljes lewer 8% na koste. Die syfers is oor 12 maande gemeet.

Die portefeulje bestuurders het stelselmatig begin om weer RSA aandele aan te koop omdat die pryse so goedkoop is. Die genoteerde eiendomme trek egter baie swaar omdat meeste mense van die huis af werk. Daar is talle kantoor komplekse wat dol leeg staan!
Kom ons wens mekaar ‘n voorspoedige en vooruitstrewende 2021 toe. Alle aanduidings is dat ons groei kan verwag. 

Contact us

Office Manager: Anna Hattingh
Email: admin@johannmeyer.co.za
Phone: 012 653 6577
Fax: 012 653 6577

Location

Wierde park
0149

© 2017 Johann Meyer
Financial Adviser CC.
An Authorised Financial
Services Provider (FSP) 10648