Markverslag

24 Mei 2023

Die beleggings omgewing waar ons ons geld belê is baie dinamies. Ons kry swaar met heelwat dinge wat ons pla. Steeds presteer ons belegging bo verwagting goed, midde in die skommelings op die aandele beurs. Dit wys vir ons dat die portefeulje bestuurders wel hulle kundigheid namens ons gebruik.

Sanlam Glacier se “gebalanseerde” fonds Moderate Aggressive is ‘n sprekende voorbeeld. Sien asseblief die nuutste fondsverslag wat hierby aangeheg is.
Dit voel of die portefeulje bestuurders dwarsdeur die “noise” kyk en geleenthede raaksien. Dankie vir hulle.

Op die Liberty front het Liberty besluit om die betroubare staatseffekte fonds te verwyder. Die deel van ons beleggings word nou oorgeplaas na ‘n nuwe fonds. Ek is besig om die opsies met elkeen van julle te bespreek. Dit neem egter net bietjie tyd.

Ons beleggings groei kurwe neig steed opwaarts. Geniet die goeie nuus midde die swaarkry! 


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149