Markverslag

25 Mei 2021

Ons het wonderlike groei en groei syfers gesien die afgelope paar maande. Die jaargroeikoers van die alle aandeel indeks was 54%. Die aandele beurs het van ‘n laagte punt van 65000 punte geskommel tot bo 68000 punte. Die verbasende was dat ons beleggings nie direk deur die skommelings in die beurs geraak is nie en konstant opwaarts gebeur het.

Die een item wat uitstaan is dat die binnelandse sakemanne weer vertroue in hulle eie vermoeë om geld te maak, herwin het. Ons sien dit in die uitvoersyfers wat opgetel het.

Die van ons wat in Gebalanseerde fondse belê is het ‘n baie goeie opbrengs van tot 40% gesien vanaf die laagtepunt van Covid op 18 Maart 2020. Staats effekte het so hoog as 16% gedoen.

Die Eiendoms portefeule het so 20% groei getoon MAAR van ‘n baie slegte laagtepunt van –50%.

Die algemene gevoel by portefeulje bestuurders is dat ons opwindende groei kan verwag in die volgende paar jaar. Hopelik is die slegte groei en onseker tye vir eers verby.

Praat met my indien u enige ander nuus of meer inligting wil weet.

Contact us

Office Manager: Anna Hattingh
Email: admin@johannmeyer.co.za
Phone: 012 653 6577
Fax: 012 653 6577

Location

Wierde park
0149

© 2017 Johann Meyer
Financial Adviser CC.
An Authorised Financial
Services Provider (FSP) 10648