Die beskrywing van onstabiel en skommelend is waarskynlik die beste beskrywing van ons markte op hierdie stadium.
Gedurende die laaste 3 maande het ons oorlog beleef. Die effek daarvan op ons lewens is reeds sigbaar.
Verlede week het die FED die VSA se inflasiekoers op 8% gestel. Die het ons markte erg gestrem.
Die goeie nuus is dat ons uitvoersyfers die hoogste is in ‘n lang tyd.
Ons inflasiekoers is binne die Reserwebank se “Inflasie teiken” op 5.9%
Rentekoerse het gestyg met .5% wat nie sleg ontvang is deur beleggers nie.
Intussen het ons Glacier kliente se beleggings saldo’s kop opgetel. Coronation Balanced Plus fondse sal binnekort weer op die ou vlakke wees.
Die staatseffekte fondse is minder beinvloed en staan steeds op 7% positiewe groei. (Ons staatseffekte is hoog in aanvraag).
Die reel gedurende die onseker tye is: Neem kennis maar doen niks. Goeie tye is oppad.
Hierdie fonds is geskik vir beleggers wat 'n hoë vlak van hoë opbrengs soek, maar hulle kan hoë vlakke van wisselvalligheid verdra. Sien PDF Dokument