Markverslag

27 Aug 2025

Die markte is baie goed vir ons. Die beste groeikoers wat ons nog gesien het was verlede maand se 12 maande koers van 18%. Dit plaas ons in ‘n heel nuwe speelveld.

Selfs die gedruktes onder ons wat 17.5% van hulle kapitaal moet trek het amper gelyk gebreek. Gelukkig is die wat nie onder daardie druk verkeer nie. Ons beleggings groei pragtig.

Die fonds bestuurder waarna ons Donderdag geluister het is versigtig optimisties dat hierdie groei nog ‘n ruk kan voortduur. Kom ons hou asem op en geniet die bloeityd.
Wat die buitewereld aan betref is daar interesante nuus.

President Trump het die Suid Afrikaners wakker geskud en hulle laat planne maak. ‘n Paar dae nadat die 30% invoer heffing aangekondig is het ons ouens nuwe markte geskep vir vrugte soos lemoene.

Ons hawens was onder skoot en met groot kapitaal inspuitings is van daardie kaaie weer operasioneel. Heelwat ander brokkies goeie nuus is beskikbaar.

President Trump het sy eie privaat probleme. Buitelandse beleggings, in staatseffekte, het miljarde dollar se staatseffekte verkoop toe hy verkies is. Dit het die VSA staatseffekte duurder gamaak.

Die koers is nou heelwat bo 4% en heelwat meer as 1% hoër as die 3% waar die VSA se gemak zone is. Dit het ‘n reuse invloed op die massas staatskuld in die VSA.

Opsommend is ons beleggings portefeuljes daagliks onder die vergrootglas in die hande van die fondsbestuurders wat ons gebruik.

Wees veilig en geniet die lente! 


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149