Die wêreld waarin ons leef hou steeds asem op na ons verkiesing. Party beweer dat ons nuwe regering net moet hou tot 2026 met die munisipale verkiesings. Wie sal weet.
Op die beleggingsfront lyk dinge heeltemal anders. Ons markte het baie onsekerheid beleef en is steeds bietjie onrustig. Intussen maak die bekende portefeuljebestuurders geen veranderings in hulle beleggings samestellings nie.
Uit die gesprekke met Glacier, Coronation en Stanlib het dit die afgelope maand duidelik geword dat hulle met “niks doen” baie goeie opbrengste vir ons beleggings gelewer het.
Groei koerse vir die afgelope 12 maande termyn teen 21% is aan die orde van die dag.
Onthou assblief dat sou jy op 31 Oktober 2023 jou belegging gemaak het die bogenoemde groeikoers op jou belegging sigbaar wees.
Ons beweeg nou in die jaareind groei fase op beleggings in en ons was nog nie teleurgestel nie. Onthou asseblief dat die aandele beurs beleggings telkens kop optel wanneer rentekoerse daal.
‘n Geseende Kerstyd en ‘n Voorspoedige Nuwe Jaar vir elkeen van julle en julle gesinne.