Markverslag

25 Augustus 2020

Die markte is baie goed vir ons, skuus NEE, die portefeulje bestuurders het sukses met ons beleggings. Die politiek is egter die groot uitdaging. Wat ons nou dringend nodig het, is beslissende optrede deur die regering. Dit sal meebring dat beleggingsvertroue binnelands weer sal kan regkom.

Midde in die uitdagings het die portefeulje bestuurders die fokus na die buiteland geskuif, alhoewel die Suid-Afrikaanse aandele baie goedkoop is. Hier, plaaslik, sal ons oor ‘n bietjie langer termyn goeie beleggings kan maak, maar nou is die fokus op baie stewige buitelands genoteerde aandele. Die wisselkoers help ook baie, op hierdie stadium.

Ek sluit weer die vergelyking van die verskillende portefeuljes in: 

15/0508/0613/0820/08
Liberty Bond+3.02%+8.74%+6.6%+5.88%
Liberty Unlisted Property+6.08%+6.43%+7.48%+5.87%
Liberty Listed Property-52.7%-41.3%-46.3%-45.5%
Coronation Balanced Plus-4.02%+3.83%+7.72%+9%
Coronation Property Equity-52.4%-35.6%-45.16%-44.57%

Die herstel wat ons steeds geniet na die Covid 19 terugsakking, is steeds opwindend. Ons is nog nie by die draaipunt voor Maart verby nie, maar die groei kurwe is steeds opwindend.

Soos in die verlede vra ek: Byt vas! Alles lyk positief op die horison.

< Terug

Contact us

Office Manager: Anna Hattingh
Email: admin@johannmeyer.co.za
Phone: 012 653 6577
Fax: 012 653 6577

Location

Wierde park
0149

© 2017 Johann Meyer
Financial Adviser CC.
An Authorised Financial
Services Provider (FSP) 10648