Dag vriende,
Griekeland bring tans meer voorblad nuus as enigiets anders. Dit lyk vir my asof al die ander lande rondom Griekeland sit en wag vir die invloed op hulle ekonomieë.Dit sluit ons egter ook in. Ons beurs, uitvoere, invoere en buitelandse ooreenkomste word hierdeur geraak.
Die geykte stelling sê mos: as die buiteland nies kry ons verkoue.
Ons reserwe bank is egter die stabiele faktor wat deur hierdie skommelings nie die rentekoerse verhoog het nie. Selfs hulle waarsku lankal dat hulle dalk binnekort geen ander keuse sal hê nie.
Wat min gewoonlik bysê is dat ons ekonomie normaalweg vinniger herstel as die buiteland.
Die fondsbestuurders wat ons gebruik om ons beleggings op te pas is egter flink aan die werk. Daar vind daagliks skuiwe, kope en verkope van aandele in ons portefeuljes plaas om die inpak van ‘n moontlike verdere daling in die market te buffer.
Die “goeie nuus” is dat ons reeds ‘n 6% daling in die Alle aandeel indeks beleef het maar dat dit nie so seer voel nie.
My siening bly steeds: moenie onnodig bekommer en oorhaastige besluite neem nie. Binnekort en sonder dat ons dit agterkom herstel alle syfers weer tot ‘n gemaklike wins vlak vir almal.
< Terug