Markverslag

25 Augustus 2015

Die Chinese het amok gemaak op die beurse gister. Die Chinese beurs het 8.5% laer gesluit op die dag.

Ons beurs het aanvanklik geduik met 5% en later herstel en 2.85% laer gesluit. Dit is nie goeie nuus nie! Dit beteken dat ons beurs vir die eerste keer in ongeveer 15 maande onder 50000 punte in beweeg het. Anglo en ‘ n paar mynreuse het die herstel moontlik gemaak.

Die slim mense is bekommerd!

Ons beleggingsgroei het ook verstadig:
Gebalanseerde Fondse het die afgelope jaar van 20% na 4% verminder. Die bestuurders het egter sigbare veranderings in die inhoud van die fondse gemaak. Die buitelandse inhoud is op maksimum 25%. Die binnelandse aandele is kwaai afgeskaal en hoofsaaklik vervang met buitelands gelyste Suid Afrikaanse aandele. Die wisselkoers pyn word dus hanteer. Die kontant inhoud is baie hoog.

Genoteerde eiendomme is op ‘n vreemde missie: Die groei het wel verstadig…. Van so 30% na 20%. Selfs in hierdie onseker tye is daardie fondse se opbrengs uitstekend.

Wat moet ons doen?
Almal weet dat ons n langtermyn vissie met versigtigheid nastreef!

Die groot reel en waarheid in beleggings is:
Wat daal moet weer styg.
Die wat in Gebalanseerde fondse belê is is deur die bank besig om oor die lang termyn te spaar. Daar is nog tyd!
Die wat Genoteerde eiendomme in hulle portefeulje het trek reeds inkomste en daarom die kombinasie van Eiendomme en Gebalanseedre Fondse. Niks het nog verander op hierdie gebied nie
Kom ons byt vas totdat die goeie nuus weer oorheers. Rondom my is daar reeds aanduidings dat ons nie vir lank so bekommerd sal hoef te wees nie.

Vasbyt en skakel my indien die bekommernis te veel word.

< Terug


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149