Markverslag

26 September 2016

Goeie nuus:
Moody’s voorspel ‘n 30% kans vir afgradering van ons land se ekonomiese gradering.

Die ou staatmaker, Gebalanseerde Fonds, in ons portefeuljes het stadig maar seker begin kop optel.

Ons nader die jaarlikse aandele lopie wat duur vanaf Oktober tot Januarie. Gedurende die tyd beleef ons mooi groei en herstel in ons opbrengste.

Beleef u ook die verandering in houding van die mense wat aan ons diens verskaf? Dit veroorsaak vertroue en lok beleggers. Die golfie mag nou klein lyk maar kan gou groot word.

Minder goeie nuus:
Eiendom's portefeuljes makeer steeds die pas.

Ons sal binnekort van die ander twee graderings agentskappe hoor. Ons hoor ongelukkig niks positiefs van ons regering oor die ekonomie nie. Dit lyk kompleet of mnr. Gordhan alleen die stryd voer.

In een van my vorige verslae het ek gewaarsku dat hierdie jaar se opbrengs die 3 de jaar die afgelope 20 jaar kan wees waar die opbrengste minder as 9% kan wees. Dit mag steeds gebeur.

Byt vas en kom ons gee die markte kans om te herstel. Dit mag dalk vroeer as later gebeur.

< Terug


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149