Sedert die Chinese se manewales is ons beurs maar taamlik lusteloos. Die indeks beweeg hier tussen 51000 en 54000 punte sonder opwinding. Ons geldmark koerse doen ook vrek swak.
Dit was die slegte nuus! Die vernielde wisselkoers is ons beleggings egter goedgesind.
Sedert ons laaste verslag het geen van ons portefeuljes sleg gevaar nie. Die netto groei in ons gebalanseerde portefeuljes bly positief en haal telkens sterk dubbel syfers.Vir die van julle beleggings waar dit moontlik is om genoteerde eiendom te gebruik is die nuus nog veel beter. Genoteerde eiendom het n netto opbrengs van tussen 12 en 25% gelewer die afgelope kwartaal.
Soos reeds herhaaldelik gepredik is trek ons nie meer as 9% van ons kapitaal as inkomste nie. Hierdie tipe beleggings kan ook beide gebalanseerd en genoteerde eiendom huisves. Die beteken dat die twee portefeuljes mekaar aanvul en sodoende nog kapitaal groei ook lewer.
Die beurse doen normaalweg goed oor die feestye. Hopelik is daar teen Januarie nog goeie nuus!
Geseende Kerstyd en voorspoedige Nuwe jaar aan julle en julle geliefdes.
< Terug