Markverslag

1 April 2017

Wat as?

Wat as ek my geld in die geldmark rekening gelos het? Met ‘n opdrengs van om en by 6% was my groei minder as inflasie en ek moes moontlik belasting op die rente betaal. Ek was dus nie beter af nie.

Wat as ek my belegging portefeulje verander het na Inkomste fonds, met staatseffekte as basis? Hierdie was moontlik ‘n goeie opsie vir oorlewing. Miskien 1% beter opbrengs maar die na belaste opbrengs het steeds nie inflasie geklop nie.

Wat as ek bly waar ek is? Die kapitaal het geen werklike verliese gelei nie, behalwe bereken teen inflasie. Die van ons wat inkomste trek eet waarskynlik nou aan ons kapitaal. Ons herstel kans is egter uitstekend in hierdie portefeuljes.

Die portefeulje bestuurders waarin ons al jare in vertrou het egter nie stil gesit nie. Hulle het die tyd gebruik om die onderliggende aandele in die portefeuljes te vervang met beter aandele. Beter met in agneming van ons huidige onstandighede. Aandele wat beide binne en buitelands gelys is het ‘n beter weerstand teen die wisselkoers skommelings as slegs binnelandse aandele.

Ons sal egter vir die afsienbare moet vasbyt en oorleef. Die feit dat die aandele beurs sy kop optel is ‘n goeie teken.

Onthou dat wanneer 'n maatskappy afgegradeer word die indiwiduele beleggings en hulle opbrengste nie geraak word nie.

ONTHOU DIE REEL IN BELEGGINGS IS: Time IN the markets NOT timing the markets.
Those who tried this were seldom successful.


< Terug


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149