Markverslag

1 Feb 2019

2019 het met ‘n vars vooruitsig begin. Die alle aandele indeks het tot bo 54000 punte gespring en bly taamlik lank daar. Die rand/dollar wisselkoers is nogal vervelig. Die Reserwe bank hou sy rentekoers onveranderd.

Die sake indeks wys tog tekens van herstel in vertroue. Die een ding wat sal help, is wanneer die Sakesektor weer hulle vermoeë sal vertrou om in hulle eie besighede geld te maak.
Dit lyk tog of die verkiesing nie so ‘n groot effek het nie…

Binne ons beleggings is daar mooi dinge aan die gebeur. Coronation Balanced Plus se opbrengs, 3 maandelikse syfers, het met 9% gestyg vanaf 1 Januarie. Coronation Property Equity se 3 maandelikse syfers het met 15% geklim sedert I Januarie. Onthou ons opbrengste kom van ‘n baie lae basis af!

Die portefeulje bestuurders waarmee ons gesels en na wie ons geluister het, is baie positief. Hulle pluk tans vrugte uit ‘n aandele tuin waar die aandele prys en die prys verdienste verhouding laag is.

2019 mag dalk net die herstel jaar wees waarin ons die afgelope 5 jaar se swak opbrengste sal kan uitwis.

Hou styf vas aan wat julle het. Goeie tye is oppad.
Groete en voorspoedige 2019.

< Terug


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149