Min dinge het vir ons beleggings reg geloop hierdie jaar, tewens die afgelope paar jaar!
Die ouens wat ons gerus moet stel en die ouens wat rustig moet wees EN in hulle eie besighede moet belê is nog nie. Die goeie nuus is dat ons portefeuljebestuurders baie meer raaksien as wat ons doen.
Baie tegnies: Die binnelandse maatskappye wat nou in ons beleggings portefeuljes opgeneem word het twee uitstaande kenmerke: Die aandeel prys het mooi gedaal EN die PE ratio (winsverhouding) is ook baie gunstig vir beleggers. Daar kan binnekort mooi dinge met hierdie aandele kan gebeur.
Selfs die genoteerde eiendomme is tans op die laagste punt en het dus uitstekende vooruitsigte.
Ons wat lankal in die beleggings uitgehou en vas gebyt het, hou goeie moed ons uitkoms is vrek naby. Ek het hiervan bevestiging ontvang vanaf Coronation, Stanlib, Sanlam en PSG.
Geniet die feestyd en laat ons beleggings self regkom.
Kersgroete!
< Terug