Markverslag

22 September 2019

Wat presies doen n portefeulje bestuurder?
Hy/sy is permanent besig om groei potensiaal vir ons beleggings te soek. Sy portefeulje mag ‘n groei, ‘n momentum, ‘n waarde of ‘n inkomste portefeulje wees. Elke portefeulje het ‘n ander benadering wat met ‘n streng mandaat beheer word. Die bestuurder is deel van ‘n span wat bestaan uit navorsers en aankopers.

Die uitkoms waarna die bestuurders gedurende die proses streef, is groei en so min moontlike dalings. Dit bring baie interresante vooruitsigte en keuses mee. Geen voorspelling is akkuraat nie.
Wie sou ooit kon voorsien dat PSG Flexible op Maandag 16 September tydens die lopie van die beurs 13% sou doen!

Hierdie is slegs n klein kykie in hoe versigtig daar met ons geld gewerk word. Alle portefeuljes word op dieselfde manier bestuur. Binne die beleggingsveld bepaal slegs die mandaat die speelveld waarin die bestuurder mag optree.

Die algemene gevoel tans is dat ons beleggings nou enige tyd kan begin groei. Enige aankondiging, verklaring, of positiewe gevoel mag die positiewe sentiment aansteek. Dit sal die langverwagte groei laat opvlam.

Sit asseblief doodstil vir n bietjie langer. Van die huidige verliese kan binne n redelike tyd herwin word. Geduld is die enigste resep vir hierdie tyd.

< Terug


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149