Ons beleggings omgewing is vaal en onindrukwekkend. Ons beleggings opbrengste is min as gevolg daarvan.
Selfs ons 10 jaar opbrengs syfers word beinvloed deur die 2008 insinking waarvan die syfers steeds deel van die prentjie is. Die 10 jaar syfer word nog steeds gemeet vanaf die baie hoë opbrengste wat ons in 2007 geniet het. Hierdie syfer sal kwaai verander by September hierdie jaar. Bereken enigiets van ‘n lae basis af en sien hoeveel beter dit lyk!
Die enigste aksies wat ons nou kan neem is die volgende:
Bly sit net so totdat die oplewing in die markte kom. Ons het egter geen idee wanneer dit sal kom nie. Om nou portefeuljes te skuif is die grootste fout wat jy kan maak. Selfs geldmark en inkomste fondse lewer nie meer reële opbrengste nie.
Verminder jou inkomste nou! Die ouens wat 9 – 12% inkomste uit hulle beleggings trek, loop die ernstige risiko om kapitaal op te eet. Hierdie tendens mag van korte duur wees maar die regte besluit is nou uiters belangrik. Kapitaal kan nie weer herstel word nie.
Ons beleggings is tans uitstekend geplaas. Die koste hersiening wat ek gereeld doen, is goed. Die enigste is dat ons tans nêrens enige opwindende groei op ons beleggings kapitaal ontvang nie.
< Terug