Die opwindende nuus is dat meeste van die staats organisasies nuwe raadslede aangestel het en die dinge daar begin beweeg. Hierdie entiteite is verantwoordelik vir kapitaal ontwikkelings soos paaie en brue. Die proses om korrupsie en skuld uit te werk sal ‘n tydjie vat!
Die realiteit is dat die sakewereld fantasiese bedrae kontant oppot. Die syfer het van R615m na R720m gestyg in minder as ‘n jaar. Die enigste sigbare rede is dat die sakewereld nog nie dink ‘n belegging in ontwikkeling in hul eie besighede is die regte tyd nie. Wereldwyd sien jy tans ontwikkelings en uitbreidings. Dit is tyd daarvoor! Die unies kniehalter egter ons optimisme…
Marknavorsing het onlangs bevind dat President Ramapoza nie sterk genoeg oorkom oor sekere sake nie. Die bevinding is dat hy te sag is. Sterk standpunte oor sekere sake sal die positiewe sentiment baie vinniger laat herstel.
Mark skommelings is ‘n daaglikse pyn. Onsekerheid oor die rigting van die markte maak almal onrustig. Die ALSI styg maklik met tot 2000 punte en val dan binne dae weer terug. Die wisselkoers help darem bietjie op hierdie stadium.
Gebalanseerde fondse pluk nou die vrugte van die swakker wisselkoers omdat die portefeulje bestuurders die groei op buitelandse blootstelling gerig het. Hier het ons die afgelope kwartaal bietjie groei gesien.
Eiendoms portefeuljes stoei om kop bo water te hou. Sodra sentiment in daardie sector verander sal ons ‘n herstel in groei kan sien.
Sterkte en vasbyt!
< Terug