Halftyd 2017
Ons beleggings kan werklik nou doen met bietjie opwinding. Die sywaartse beweging raak nou vervelig.
Die omstandighede waaronder ons beleggings moet presteer is stadig besig om te verbeter. Die eerste stap, myns insiens, was die onlangse verlaging van die repokoers. Die tweede is die herstel van vertroue in die sake sektor en selfs dit gebeur al.
Die onverwagse bonus was die R3 miljard invloei in ons staatseffekte met ons rommelstatus en al. Dit wys dat daar in die buiteland mense is wat steeds in ons land glo.
Ek weet ek het die afgelope tyd ‘n beroep gedoen op kalmte en rustigheid maar ek skat veranderings is nader as wat ons dink. Ek sien al meer positiewe dinge. Onthou alle beleggings siklusse wat daal moet weer styg ook, telkens hoër en beter was voorheen. Ons moet net vasbyt.
Hierdie is die beste tyd om te belê! Die rigting is opwaarts.
< Terug