Markverslag

26 Oktober 2017

Die markte reageer uiters gunstig vir ons as beleggers. Die Gebalanseerde fondse se 12 maande opbrengs staan reeds op 13% en Genoteerde eiendom op 10% oor 12 maande.

Die goedvoel faktor, gemeet in VSA, Europa, China en Japan is die hoogste in die geskiedenis. Dit beteken dat die inwoners van daardie gebiede baie vertroue het in die toekoms van daardie lande. Selfs Duitsland, wat ‘n Brexit bedryging beleef, se goedvoel faktor is die hoogste in hulle geskiedenis. Suid Afrika sin is die laagste ooit!

Ons uitvoer syfers is baie hoog. Die rede daarvoor is die vraag na ons produkte vanaf VSA en Europa. Dit voel my asof die binnelandse maatskappye hulle fokus verskuif het terug na hulle kern besigheid en die politiek eers laat staan het. Dit is moontlik waar die bogenoemde groei vandaan kom.

My Blaufin kliente: Ons saamvat fondse wys steeds beter opbrengste as die van die mandaat deur Sanlam aan ons voorgestel.

Die groot onsekerte kom Desember en die ANC se toekoms.

Ek stel voor ons geniet die suksesse wat ons nou beleef en hou ons oë oop.

Geniet die feestye en sterkte!

< Terug


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149