Ons nuwe president bring ‘n nuwe visie en groot verwagtings. Nou het hy ook sy, met die hand uitgesoekte, span aangestel.
President Ramaphosa het reeds met sy intree toespraak, in Desember, vertroue ingeboesem. Hy is ‘n gesinsmens met diep gewortelde beginsels. Selfs sy gesin is “gemaakte” mense.
Sedert Desember was daar reeds ‘n positiewe gesindheid te bespeur in ons land. Noudat hy sy nuwe kabinet aangekondig het kan die dinge begin rol.
Die aandele beurs het, na die bekendmaking van die kabinet geopen met ‘n styging in die grafiek. Dit het nog nie die jaar gebeur nie. Tot nou toe was dit treffend dat die grafiek daagliks gedaal het na opening. Miskien is dit nou ons beurt?!
Hierdie mag dalk net beteken dat die sakesektor die projekte wat die afgelope paar jaar uitgestel is, sal heropen en uitgevoer word. Die treffendste terugvoer die afgelope maand was dat die sake-indeks sedert Augustus 2017 begin styg het. Ons uitvoersyfers is die hoogste in jare. Die VSA en Europa voer massas van ons produkte daagliks in.
Plaaslik het ons ook stukkies goeie nuus beleef. Ons Gebalanseerde fondse het sedert Januarie reeds 3% herstel en die Genoteerde Eiendomme met so 4%.
Ek sien baie mooi beleggings opbrengste in die nabye toekoms, dan nie?
< Terug