Markverslag

27 Junie 2019

Die Staatsrede het op vele terreine positiewe groei moontlikhede aangedui.

Die Alle Aandele Indeks het onmiddelik positief reageer en die vooruitskattings van die portefeulje bestuurders begin waarmaak. Sien die vorige Markverslag as verwysing.

Werklike syfers het dit ook begin aandui. Ons ou staatmaker Coronation Balanced Plus wys ons 0% opbrengs op sy 12 maande opbrengs koers. Onthou dit nadat die koers vir 2018 -15% was. Die 6 maande koers wys egter reeds 8.5% positiewe opbrengs. Coronation Property Equity doen egter nog beter. Die 2018 opbrengs was -25% die nuutste 12 maande opbrengs wys -8.9%. Hierdie positiewe groei het slegs vanaf 1 Januarie plaasgevind.

Die beleggers wat in ons Blaufin Saamvatfonds belê is se syfers lyk nog beter. Ek brand om van julle te hoor!

Die Reserwe bank oorweeg tans ‘n verlaging in die rentekoers(uitleen koers). Dit mag net die hupstoot wees wat ons ekonomie nodig het sodat sakemanne sal begin uitbrei. Die daling bly altyd sleg vir beleggers wat staatmaak op bank rente.

Sterkte met die roete tussen al die politieke geraas deur. Goeie nuus is oppad!

< Terug


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149