Markverslag

28 Februarie 2018

So 4 jaar gelede her mnr Zuma glimlaggend gesê: “Dinge sal eers slegter gaan voordat dit beter sal word.”

Hy het presies geweet waarvan hy gepraat het.
Ons beleggings word beinvloed deur plaaslike en wereld markte.

Gedurende 2017 het ek, met wie ek hieroor gepraat verduidelik dat ons Gebalanseerde fondse 45% plaaslike dubbel gelyste aandele en 25% buitelands gelyste aandele. Die res was belê in kontant.

Hierdie was, volgens al die protefeulje bestuurders die beste plek on belê te wees. Dit is steeds.

Augustus 2017 het daar ‘n verandering in sake vertroue ingetree. Hierdie verandering was gedryf deur die skerp styging in uitvoere na lande soos VSA Europa en China. Ons uitvoer syfers staan tans nog op die hoogste in baie jare.

Desember het groot dinge gebeur en verander: eerstens het die ANC se presidents verkiesing baie gemoedsrus en ‘n skerp styging in die waarde van die rand veroorsaak.

Gedurende Desember het die kansvatters Viceroy met hulle aankondigings groot maatskappye probeer skaad soos Steinhoff, Resilient, Capitec en African Bank. Hulle het sleg beperkte sukses gehad.

Hierdie het veroorsaak dat die postiewe opbrengs wat ons gedurende die laaste kwartaal van 2017 opgebou het een sklaps uitgewis is. Die gebalanseerde fondse het 12% verloor en die genoteerde eiendomme fondse 15%. Dit nadat die fondse sywaartse opbrengste gelewer het die vorige 3 kwartale.

Sedert Januarie 2018 het ons waargeneem dat die rand steeds stewig staan. (Nie goed vir ons buitelandse blootstelling nie!) Die fondsbestuurders beweer egter dat ons steeds perfek geplaas is vir groei.

Ons huidige situasie is egter as volg: Gebalanseerde fondse vanoggend op -1.1% (van ‘n groeikoers van -4.5% af) en ons Genoteerde eiendomme -11% (vanaf -15%).

Die huidige bietjie groei is tekenend van heelwat beter opbrengste gedurende 2018.
Onthou: TIME IN THE MARKET TRUMPS TIMING THE MARKET!

< Terug


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149