Die spoke dreig om ons aan te val in die eerste helfte van die jaar! Verkiesing spoke, beurtkrag spoke emmigrasie spoke en goed-wat-ons-self-uitdink spoke?
Wat gebeur in die werklikheid? Die beurs beur voort en skommel nogal woes. Die wisselkoers grafiek lyk soos ‘n versteurde hartritme. Hoe en waar laat al die nuus ons?
Die fondse waarin ons geld belê is, het verbasend goed herstel vanaf 1 Januarie.
Die Gebalanseerde fonds het ‘n positiewe 12 maande groeikoers teenoor die -15% op 1 Januarie.
Die Genoteerde eiendoms fonds huiwer op die laaste negatiewe 12 maande syfer van -4%.
Dit was -25% op 1 Januarie.
Met hierdie syfers kan ek nie sien dat ons veel langer oor ons skouers sal hoef te loer nie. Vorentoe kyk!
Iewers erens is daar wel vertroue aan die opbou. Ons moet net hier van die kantlyn die spel geniet.
Moenie vrees nie!
< Terug